Local news

Styl ikoon is ook besigheidsvrou van die jaar

Sandra Taljaard, van Style Challenge International het twee toekennings huis toe gebring.

Sandra Taljaard, besigheidsvrou en styl ikoon van Heidelberg, het op 2 Desember die East Rand Women in Business toekenning vir die jaar gewen.

Taljaard was ook in die modebedryf kategorie die wenner vir die jaar.

“Ek voel baie geëerd om die toekennings te kon wen,” het Taljaard gesê.

Sandra Taljaard het met twee toekennings weggestap.

“Daar was soveel wonderlike vroue genomineer dat dit regtig vir my ‘n eer is. Dit wys net dat harde werk altyd beloon word.”

Die gala aand, waartydens Taljaard die toekennings in ontvangs geneem het, was in Springs gehou en is deur besigheidsvroue van oor Gauteng bygewoon.

“Ek wil graag dankie sê vir elkeen wat vir my ‘n boodskap gestuur het en my gehelp het tot op die punt. Ek is ook groot dank verskuldig aan my assistent Ashleigh Labuschagne wat my altyd deur dik en dun bystaan.”

Related Articles

Back to top button