Local newsNews

Tuinswaai en hope groente verbly vele harte

Helpende Hand se Heidelberg-tak het gehelp om proppies bymekaar te maak sodat die tuinswaai 'n werklikheid kon word.

Die Masicidane Helpmekaar Klub wou graag ‘n tuinswaai aanskaf vir die persone wat elke dag by hulle onder toesig is.

Die klub, wat gestremdes en behoeftiges onder hulle toesig het, het vir die doel om plastiekdoppies bymekaar maak om te ruil vir die tuinswaai.

Duisende doppies moes bymekaar bemaak word om te verseker dat die swaai geskenk kon word maar dit het die betrokkenes nie afgeskrik nie.

“Ons het al in die verlede ook doppies bymekaar gemaak in ruil vir rolstoele vir ons lede,” het Christine Kruger, bestuurder en stigterslid van die Masincedane Helpmekaar Klub gesê.

Nadat Helpende Hand se Patricia Meyer van die projek te hore gekom het, het sy en die Helpende Hand Heidelberg-tak onmiddellik ingespring om te help.

‘n Skenking van meer as 10t patas is ontvang en het gehelp om nood in die gemeenskap te verlig.

Die mikpunt om genoeg doppies bymekaar maak was uiteindelik bereik en die swaai het sy nuwe tuiste by Masincedane gekry.

Helpende Hand se gelukbringers was ook teenwoordig om te help met die aflewering van die swaai. Asjas Apie, Hetta Hasie, Broekies Beer en Tassie Tier het fluks gesorg dat die swaai ‘n staanplek kry.

Benewens die hulp met die tuinswaai, het Solidariteit Helpende Hand ook onlangs behoeftiges in die gemeenskap gehelp nadat ‘n skenking van 10.8t patats en 3.5t aartappels ontvang is.

Die groente is aan Solidariteit geskenk met die doel om dit onder die gemeenskap te versprei, waar dit nodig is.
Meyer vertel ook daar is planne in plek om twee kerspartytjies aan te bied voor die jaar tot ‘n einde kom.

Patricia Meyer van Helpende Hand Heidelberg-tak met haar toekennings.

Dié bedrywige tak voorsitter het ook onlangs goeie nuus ontvang dat sy toekennings ontvang het as Helpende Hand Oos-Rand voorsitter van die jaar omdat sy ‘n ‘ekstra myl geloop’, asook vir die tak wat die meeste projekte vir die jaar aangepak het.

Persone wat belangstel om skenkings te maak vir die kinders se kerspartytjies wat Meyer beplan kan haar kontak by 083 305 3577.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button