Local newsSport

Pirates te sterk vir Heidelberg

Heidelberg val vas teen Pirates.

Op 23 Oktober het Heidelberg Krieket Klub teen Pirates in ‘n Black Widow T20 wedstryd te staan gekom.

Die wedstryd was op Pirates se veld beslis.

Heidelberg het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen.

Pirates het die wilgerlat behoorlik geswaai en het 219 vir die verlies van drie paaltjies aangeteken.

Heidelberg het in hulle beurt dit moeilik gevind om by die lopietempo te hou en kon in die 20 boulbeurte slegs 136 vir die verlies van nege paaltjies aanteken.

Pirates het met 83 lopies gewen.

Die beste kolwers aan Heidelberg se kant was Ruben Janse van Vuuren 49, Michael Barnard 26, Dylan Aucamp 21, Dave Pelser 17 en SW Kemp 14.

Die beste boulers aan Heidelberg se kant Ruben Janse van Vuuren 2 paaltjies vir 47 lopies van 4 boulbeurte en Dylan Aucamp met 1 paaltjie vir 30 lopies van 3 boulbeurte.

Op 25 November hou Heidelberg Krieket Klub ‘n golfdag by Heidelberg Gholf Klub.

Die gholfdag is om finansies bymekaar te maak vir die krieket klubhuis wat ‘n ruk gelede afgebrand het.
Die afslaan is 09:30 met die langste dryf kompetisie en die gholf afslaan is om 11:00.

Vir meer inligting en om deel van die dag te wees kontak Johan Wentzel op 082 829 1318 of Dinecho Visser op 079 624 4034.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button