Local newsNews

Heidelberger wen Mnr Tiener Wêreld titel

SJ Pretorius raap nog 'n gesogte titel op.

Op 19 Oktober het Heidelberg se SJ Pretorius die Mnr Tiener Wêreldkroon in Equador gewen.

SJ het die titel opgeraap voor menige ander tieners van oor die wêreld wat hul onderskeie lande by die skouspel verteenwoordig het.

Hy is in November 2021 gekroon as Mnr Tiener Suid-Afrika.

SJ het in die verlede verskeie terugslae gehad wat moontlike verlamming na ‘n rugby wedstryd insluit, maar alles het hom net meer vasberade gemaak om die boonste trappie van sukses te bereik.

Met die besering en vele operasies later het SJ by ‘n afrondingskool aangesluit om sy postuur te verbeter.
Dit het hom genoop om op modelwerk te konsentreer.

SJ Pretorius is aangewys as Mnr Tiener Wêreld.

SJ het sedertdien verskeie groot model kompetisies in Suid-Afrika gewen.

Buiten sy groot wentitel het verskeie ander Suid-Afrikaners ook met titels weggestap.

Willie Smuts is aangekondig as Mnr Tiener Internasionaal, Yulienka Jacobs is Mej Tiener Internasionaal en Gugulethu Mayisela as Mej Tiener Wêreld.

SJ ouers, Frieda en Sarel Pretorius staan natuurlik bankvas agter hul seun en breëbors van trots oor sy sukses.

Related Articles

Back to top button