Local newsNews

Plaaslike deelnemers onder Sterstatus wenners

Twee Sterstatus titels is aan plaaslike inwoners toegeken.

Sterstatus seisoen vier se wenners is op 22 Oktober by die die Velmore Hotel en Spa te Pretoria aangekondig.

Een van die deelnemers Lizelle Raulstone, wat oorspronklik van Jameson Park afkomstig is, is as tweede prinses in die liefdadigheidsafdeling aangewys. Die wenner in dié afdeling was Leigh-Ann Fourie en die eerste prinses was Karin Muller.

Nog ‘n plaaslike deelnemer Sunette Botha van Nigel het ‘n sosiale media toekenning ontvang.

Die algehele wenner is Jade Farrell van Kempton Park. Die 2021 wenner Larissa Bester het haar titel aan Jade oorhandig.

Sunette Botha het die sosiale media toekenning ontvang.
Lizelle Raulstone is die tweede prinses in die liefdadigheidsafdeling.
Al die wenners van Sterstatus seisoen vier.

Related Articles

Back to top button