Dorp is die huisbeker wenners vir 2022
Trotse tradisie leef voort in Volkskool se huisbeker.
In ‘n trotse ou tradisie wat jaarliks by Volkies plaasvind het Dorp vanjaar die 2022 huisbeker omhoog gehou.
Dorp en die Brakke (koshuis leerders) wedywer jaarliks vurig teen mekaar in verskillende sportsoorte om die gesogte huisbeker te wen.
Dorp en Brakke het mekaar gedurende die jaar die stryd aangesê in atletiek, netbal, hokkie en krieket.
Die laaste sport kragmetings was die gholf, tennis, skaak en rugby wat verlede week beslis was.
Dorp was deur die jaar wenners in seuns en meisies hokkie asook atletiek.
Brakke was bobaas in krieket en netbal.
Die gholf kragmeting het op17 Oktober plaasgevind, waar Dorp as wenners van die 18de putjie af weggestap het.
Tennis en skaak was op 19 Oktober beslis. Dorp was daar ook as wenners gekroon.
Rugby was die laaste sport waarin daar kragte gemeet is. Die wedstryd het op 21 Oktober plaasgevind.
Brakke kaptein, Attie Hanekom, het na die wedstryd die rugbybeker omhoog gehou.
En aan die einde aan die dag kon Dorp, met swoeg en sweet, die huisbeker vir 2022 omhoog gehou.