Local newsSport

Langasems draf die kilometers kaf

Wiepke Schoeman is o16 landloop kampioen.

Tydens die SA Landloopkampioenskappe het verskeie Heidelbergers hulle staal getoon.

Die kampioenskappe was by Bergsig Akademie in Rustenburg gehou.

Wiepke Schoeman het haar hakskene vir almal gewys, en is as kampioen in die o16 ouderdomsgroep gekroon.

Die afstand wat sy gehardloop het was 4km. Schoeman word deur Willie Engelbrecht afgerig.

Die ander Heidelbergers wat deelgeneem het was van Arno’s Racers.

Wiepke Schoeman is o16 kampioen by die SA Landloop Kampioenskappe.

Die atlete wat plekke behaal het was vir seuns o9 Christaan Lewis (vyfde plek) en seuns o11 Adriaan Coetzee (sewende plek).

Die res van die Heidelbergers wat deelgeneem het was seuns o9 Rowan Bolton en Eduard Oosthuizen, seuns o11 Ruben Marais, seuns o14 Francesco Conte en meisies o12 Natalie Bolton.

Wiepke Schoeman en afrigter Willie Engelbrecht.

Related Articles

Back to top button