CrimeLocal newsNewsUpdateBreaking News

Vyf vas na gewapende roof by Pep Nigel

NIGEL - HERAUT was vroeër vandag op die toneel waar ‘n gewapende roof pas by Pep @ Angelo Mall plaasgevind het.

Volgense polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh het ñ groep gewapende mans die winkel glo kort voor 15:00 betree. Een van die mans het ñ pakkie by die toonbank ingehandig, waarna hy ñ vuurwapen op die personeellid agter die toonbank gerig het. Die personeellid is beveel om die kluis oop te maak en die rower het ñ onbekende bedrag geld en selfone daaruit verwyder.

Volgens inligting was daar nog vier rowers in die winkel wat klante vir kontant en selfone deursoek het.

Die rowers het glo met ‘n wit Toyota Quantum van die toneel gevlug.

Dit is nog nie bekend of enige persone tydens die rooftog beseer is nie en die presiese waarde van die gesteelde items is nog nie bekendgemaak nie.

In ‘n gesamentlik poging deur SAPD en Ekurhuleni Metropolisie, is die vyf verdagtes kort na die roof op die R23 vasgetrek.

Volg ook dié berig onder die volgende skakel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button