Sport

Volkies laat die paaltjies kantel

Die Hoër Volkskool se o15 en eerste krieketspanne het op 3 September hulle staal op die krieketveld ten toon gestel.

Die eerste span het in Heidelberg teen Sedibeng Hub te staan gekom.

Volkskool het eerste gekolf en met ‘n allemintige 435 vir ses paaltjies aangeteken.

Sedibeng was almal uitgehaal vir ‘n skamele 96 lopies.

Uitblinkers met die kolf was Mark-Wesley Drinkwater 116, Ruben Janse van Vuuren 100 en Matthew Senekal 68.
Die beste boulsyfers vir Volkskool: Josh Munro 4-16, Matthew Wentzel 3-29 en Anjo Swart 2-25.

Die o15-krieketspan het teen Vereeniging Gimnasium in Vereeniging te staan gekom.

Vereeniging was almal uit vir 82 lopies.

Maro Hartkopf het uitstekend met die bal gevaar, met ‘n boul ontleding van 5-13 lopies wat ‘n driekuns insluit. Jaco Botha se boul ontleding was 4-37.

In Volkskool se kolfbeurt wat daar nie op hulle laat wag nie en het die wen total in die agtste beurt behaal.
Maro Hartkopf het ook die lopies laat vloei en het self 67 lopies aangeteken.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button