Local newsNews

Suikerbos Aftreeoord verwelkom die lente

Die lente het behoorlik afgeskop by die Suikerbos Oord.

Die Suikerbos Aftreeoord het die lente behoorlik verwelkom met ‘n lenteloop asook met ‘n koorsang gedurede die oggend.

Op 1 September het sowat 50 senior burgers bymekaar gekom om ‘n gesellige stappie deur die oord te geniet.

Die oord se maatskaplike werker Marlene Walkden was in haar skik dat soveel mense opgedaag het om die lente te verwelkom.

“Gewoonlik is daar net ’n paar mense maar vandag het ons ‘n groot vrolike groep gehad,” het Walkden gesê.

Een van die inwoners het die lenteloop afgeskop met trekklavier-spel en sang.

Die lente vrolikheid het egter nie daar opgehou nie en op 2 September het die oord voortgegaan om die lente behoorlik welkom te heet.

By dié geleentheid het die Elkana Koor onder leiding van die koorleier Ela van Niekerk Massyn (84) vir die vermaak gesorg.

Van Sarie Marais, My hartjie my liefie, Japie my skapie tot die Sonvanger was alles in storievorm uitgebeeld.

Die storieverteller was Etresia Grobler, wat almal vermaak het met verskeie staaltjies.

Dansers en senior burgers wat hul lyf akteurs gehou het, het ook tot die sukses van die oggend bygedra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button