Local news

Mr en Mej Volkie 2022 gekroon

Groot opwinding het geheers vir die kroning van Mr en Mej Volkie.

Die kroning van Mnr en Mej Volkie, wat op 31 Augustus plaasgevind het, is jaarliks ‘n hoogtepunt op die skool se sosiale kalender.

Vanjaar se geleentheid het weer eens nie teleurgestel nie.

Die opwinding was groot en almal was vol verwagting vir die aand wat voorgelê het.

Die 2021 wenners, De Wet Muller en Clarise Wucherpfenning was die seremoniemeesters vir die aand en het almal op ‘n onvergeetlike reis geneem.

Die verrigtinge het afgeskop waar al 30 deelnemers die gehoor met ‘n dansroetine vermaak het.

Daarna het die deelnemers hul beurt, wat ‘n internasionale tema gehad het, op die verhoog gehad.

Verskeie lande se modes en kleredrag is tydens die kompetisie en toon gestel.

Die beoordelaars het beslis hulle hande vol gehad om die kaf van die koring te skei.

Die top 15 deelnemers was uiteindelik verminder na die top vyf vir die seuns en meisies.

Die sanger Eloff het die skare vermaak met sy sang deur die loop van die aand aand, en het ook aan die top vyf elkeen ‘n vraag gevra wat hulle moes beantwoord.

De Wet Muller en Clarise Wucherpfenning het die wenners aangekondig.

Die wenners was soos volg:

Mnr Volkie, Stefan Botha; Mej Volkie, Telisa van Heerden; eerste prins, Marcus Venter; eerste prinses, Chamone Krugel; tweede prins, Kayle Venter; tweede prinses, Kaelyn Botha; Mnr Persoonlikheid, Samukelo Ngwenya; Mej Persoonlikheid, Melandi Grobler; Mnr Fotogenies, Dan Munro en Mej Fotogenies, Megan Cronje.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button