Local news

7de Laan kuier in Heidelberg

Die 7de Laan span het eers by die Suikerbos Oord gedraai voordat hulle in die Heidelberg Mall gaan kuier het.

Verskeie akteurs van die bekende televisieprogram 7de Laan het op 27 Augustus in Heidelberg kom kuier.

Die groep akteurs het hul kuier vroegoggend by die Suikerbosoord afgeskop waar hulle die bejaardes vermaak het.

“Ons is so dankbaar dat julle by ons kom kuier her,” het Marlene Walkden van die Oord aan die 7de Laan span gesê.

Twee van die akteurs, Hildegardt Winters (Bonita) en Jaques de Silva (Denzil) het ook vir die bejaardes ‘n liedjie gesing.

Heidelberg Mall se bestuurder, Annamarie Jansen van Vuuren, het tydens die geleentheid verskeie geskenke, onder andere toiletware en mediese toerusting, aan die Oord oorhandig.

“Vir elkeen van julle wil ek sê baie dankie,” het Jansen van Vuuren aan die Oord se inwoners en die 7de Laan span gesê.

“Vir die tyd wat julle uitgesit het om hier te wees, dankie dat julle ons ondersteun, julle is altyd welkom by ons. Ons is baie toegewyd aan ons plaaslike gemeenskap en is trots om te kan terug gee vir ons gemeenskap.

“Ons het gevra wat die oord die nodigste het, ons het gaan inkopies doen en namens die Heidelberg Mall kon ons dit vandag oorhandig.”

Na die kuier by die oord het die 7de Laan span na die Heidelberg Mall vertrek waar hulle ‘n vinnige ete geniet het voor hulle die talle aanhangers wat daar vir hulle gewag het kon vermaak en toespreek.

Drie gelukkige wenners, Itameleng Thipe, Delores van Wyk en Nicolene Okkers het ook die kans gehad om met hul gunsteling sterre van die sepie skouers te skuur.

Die aanhangers in die gehoor kon tydens die besoek aan die mall geleentheid kry om vrae te vra en hul gunsteling sterre se handtekeninge te kry.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button