Volkies tennisspelers bult hul spiere
Die skool se tennisspelers het goed gevaar in die onderskeie ligas.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/121/2022/06/gettyimages-200010487-001-612x612-1.jpg)
Hoër Volkskool se seuns en dogters tennisspanne het uitstekend gevaar tydens die afgelope Vaal Driehoek en Oos-Gauteng ligas waar hulle gekroon was as wenners in die verskeie ligas.
Die seuns eerste span wen die Oos-Gauteng en Vaaldriehoek A-liga (spanlede – Bryan Wiggill, Anjo Swart, André Sprong en LJ Hay).
Die seuns vierde span wen die Oos-Gauteng en Vaaldriehoek B-liga (spanlede – Christiaan Smuts, Huib Sprong, Ewert du Plessis en Benjamin Bezuidenhout).
Die seuns vyfde span wen die Oos-Gauteng en Vaaldriehoek C-liga (spanlede Joshua Munro, Gerrit Henken, Micael Doubell en Tristan Munro).
Die dogters eerste span wen die Oos-Gauteng en Vaaldriehoek A-liga (spanlede – Jon-Bennet Bauer, Janie Kloppers, Lianey Rosslee en Minke Willemse).
Die dogters vierde span wen die Oos-Gauteng en Vaaldriehoek B-liga (spanlede – Allegra de la Maré, Anika Kritzinger, Christina de la Maré en Jolene Eberwein).
Die dogters vyfde span wen die Oos-Gauteng C-liga (spanlede – Ilanri van der Westhuizen, Imke Hay, Mieke Wessels en Anzelle Doubell).