Local newsNews

VLU vroue geniet gesellige wintersoggend

Die vroue het by hul maandelikse vergadering meer geleer oor die Kaapse Malgas en die vele kante van kuns en die geskiedenis daarvan.

Lede van die Vroue Landbou-unie se Nigel-tak het op 9 Junie by die NG Nigel-Oos Kerk hul maandelikse vergadering gehou.

“Ek is baie dankbaar vir die VLU Nigel,” het voorsitter, Ronel Lombaard gesê.

“Dit is regtig ‘n tak waar die vroue vir mekaar omgee.”

Alhoewel die tema vir die vergadering Kuns en Geskiedenis was, met gasvrou Mabel van Staaden aan die stuur, het die vroue ook meer oor die voël van die jaar (die Kaapse Malgas) geleer.

Anna-Marie Axer het vir die vroue meer oor die bedreigde spesie vertel.

Hester van Rensburg, wat in Heidelberg woon, het die vroue meer oor kuns en die geskiedenis daarvan vertel.

Die tak se volgende vergardering sal op 11 Augustus plaasvind waar Elsa Greyling as gasvrou sal optree. Vir meer inligting oor die tak kontak vir Axer by 082 886 2002.

Related Articles

Back to top button