Local newsNewsSchools

Laer Volkskool se koor pronk by koorfees

Volkskool tree in die berge op.

Laer Volkskool se senior koor het op 29 April by die koorfees, Music in the Mountains, opgetree.

Die fees word jaarliks deur die Drakensbergse Seunskoor aangebied waar kore uitgenooi word om by verskillende konserte deur die loop van die naweek op te tree.

Van die kore wat saam met Volkskool se koor opgetree het was onder meer Whitestone van Zimbabwe en die Midlands Jeugkoor.

’n Woordvoerder van Laer Volkskool het gesê dit was ’n besonderse voorreg en ervaring om deel te kon wees van die geleentheid.

Laer Volkskool tydens hulle optrede by Music in the Mountains in die Drakensberge. Foto: Verskaf.

“Ons is baie trots op ons eie koor en het goeie terugvoering ontvang. Ons hoop om daarop voort te bou,” het die woordvoerder bygevoeg.

Die huidige musiekdirekteur van die Drakensbergse Seunskoor Skool, Vaughan van Zyl, was self ’n leerder aan Laer Volkskool Heidelberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button