Sport

Heidelberg swemmers pronk trots

Plaaslike swemmers staan uit tydens prysuitdeling.

Die top swemmers van Heidelberg, Cristopher Strydom, Simoné Mollen en Armand Jubber het op 21 Mei verskeie toekennings ontvang tydens die Eastern Gauteng Aquatics se prysuitdeling wat in Boksburg plaasgevind het.

Die prysuitdeling was gemik op die top swemmers in die area vir hulle prestasies gedurende die 2021 en 2022 swemseisoen.

Strydom het menige toekennings ontvang.

Hy het vier nuwe rekords opgestel in sy spesifieke ouderdomsklas en het ook tydens die Nasionale Junior Swemkampioenskappe uitstekende prestasies gehandhaaf.

Moll was vereer met toekennings vir rekords wat sy in haar eie ouderdomsgroep opgestel het tesame met rekords wat tydens die swemkampioenskappe opgestel is.

Moll het ook die victrix ludorum in haar ouderdomsgroep ontvang en ‘n toekenning vir deelname aan vanjaar se Nasionale Senior Swemkampioenskappe.

Jubber het sy toekenning ontvang vir deelname aan die Nasionale Oop Water Kampioenskappe.

Related Articles

Back to top button