Sport

Nigel kraai koning teen VUT

VUT buig die knie voor Nigel rugbyklub.

Nigel Rugbyklub het op 6 Mei vir wedstryde teen Vaal University of Technology (VUT) by die Isak Steyl Stadium in Vanderbijlpark vir hulle wedstryde teen VUT gereis.

Nigel se tweede span het eerste gespeel en op ‘n drafstap met 58–0 gewen. Tien drieë was deur Nigel gedruk.

Punte makers: Drieë – Zama Ndawo, Jason Oberholzer, Thunis Fourier, Simphiwe Jange, Andile Shange, Wian Engelbrecht (2), Morne Viljoen (2). Doelskoppe Ruan Nell (2), Enzo Henning en Heinricho Schutte. Man van die wedstryd Simphiwe Jange.

Die hoof wedstryd het Nigel se eerste span teen VUT se eerste span uitdedraf. Nigel het 47–0 geseëvier. Nigel het altesaam sewe drieë gedruk.

Puntemakers: Drieë – Fredrick Jansen, Marcelle Viljoen (2), Jonty Shelton, Jarico van Niekerk, Junaide Seedat asook ‘n straf drie. Ses doelskoppe was verdoel. Speler van die wedstryd was Fredrik Jansen.

Die volgende wedstryde is teen Meyerton Rugby Klub op Meyerton se velde op die 14 Mei.

Related Articles

Back to top button