Local newsNews

Nigel VLU se lede ontvang erkenning

Die tak het goed presteer tydens die jaar se konferensie.

Lede van die Nigel VLU het op 21 April hul maandelikse vergadering gehou.

Die tak se prestasies van die onlangse konferensie is met ’n prysuitdeling geloof.

“Vir die eerste keer in jare het Nigel-tak nie die groot trofeë van die konferensie af teruggebring nie,” het Ronel Lombaard, die tak se voorsitter, gesê.

“Die lede het swaargekry met Covid en ’n paar het ook hulle eggenote verloor. Ons glo en vertrou dat 2022 ’n beter jaar sal wees.”

Anna-Marie Axer is as toppresteerder van die tak aangewys. Foto: Verskaf.

Die drie dames wat die beste presteer het was:

• Annatjie van der Merwe wat plek behaal het by die konferensie vir haar gebottelde tamatiesous en karringmelkbeskuit.

• Susan Valetin het plek behaal vir haar prosa en hondejassie.

• Anna-Maie Axer het eerste plek behaal vir haar blomme met krulle en draaie en is dan ook aangewys as die tak se top presteerder met die meeste punte op takvlak sowel as konferensie en kongres.

Nadat die prysuitdeling afgehandel is, het die vroue by Martie en Michael Schuhardt van Bernina meer geleer oor loodglaswerk. Martie het vir die vroue punt vir punt gewys hoe om loodglasappliek te doen.

Die tak se volgende vergadering sal op 12 Mei gehou word met ’n Meksikaanse tema.

Belangstellendes kan 082 886 2002 skakel vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button