Local newsNewsSport

Balfour Hengelklub geniet maandelikse kompetisie

Die Balfour Hengelklub se volgende kompetisie sal op 7 Mei by Aqua Via gehou word.

Altesaam 24 lede van die Balfour Hengelklub het op 2 en 3 April by Miemiesdal langs die Vaaldam hul maandelikse kompetisie gehou.

’n Totaal van 404 visse, wat ’n totale gewig van sowat 195.379kg geweeg het, is tydens die kompetisie gevang.

Die wenners was soos volg (plekke word van eerste na derde aangedui):

• Senior mans: Jaco van der Merwe (49 visse met ’n gewig van 52.094kg), Bennie Kriel (41 visse met ’n gewig van 23.002kg) en Lukas Stoltz (21 visse met ’n gewig van 26.282kg).

• Vroue: Darell Roos (45 visse met ’n gewig van 5.826kg), Ingrid Kriel (27 visse met ’n gewig van 4.691kg) en Riette Dercksen (16 visse en ’n gewig van 2.277kg).

• Juniors: Arnold Ras (ses visse met ’n gewig van 22.716kg), Kallie Kriel (19 visse met ’n gewig van 3.964kg) en Harald van der Merwe (een vis met ’n gewig van 12.406kg).

Jaco van der Merwe het ook die swaarste karp (3.443kg), die swaarste moddervis (1.283kg) en die swaarste baber (14.713kg) uit die water getrek.

Pieter Swanepoel het die swaarste graskarp (4.771kg) gevang en Heine Terblanche het die swaarste geelvis (0.878kg) gevang.

Die hengelklub se volgende kompetisie sal op 7 Mei by Aqua Via gehou word.

Vir meer inligting, kontak Stoltz by 084 757 6058 of vir van der Merwe by 066 157 7848.

Related Articles

Back to top button