Local newsNews

Rensburg se parke word skoongemaak

Kulture moet verander om Heidelberg skoon te hou.

Heidelberg se gemeeskapslede wat elke week ‘n deel van Heidelberg skoonmaak het hulle die week by die park in Roets Straat by die laagwaterbrug langs die Katjievrekspruit bevind.

Boumateriaal, klere, ‘n seil, motor buitebande en bottels is opgeraap. Daar was ook plekke waar vuur gemaak was om rommel te brand, wat bygedra het tot die seeroog.

Die toerusting in die speelpark is ook heeltemal onbruikbaar.

Bourommel word in die park gestort.

Charlotte Cloete van Skoon Heidelberg het die munisipaliteit genader om te vra of die gras gesny kan word.

‘n Woordvoerder van LPM het aangedui dat Rensburg reeds ‘n beurt gehad en ‘n volgende beurt sal moet afwag.
Hannes Strydom het ‘n oproep aan privaatbesighede gedoen.

Rommel word aan die brand gesteek.

“Indien besighede ons finansieël kan bystaan om ‘n trekker te kan huur om gras te sny sal dit werklik baie help,” het hy gesê.

‘n Rondomtalie is uit die grond geruk.

“Om die rommel probleem in ons dorp op te los is dit belangrik dat die kultuur verander moet word en nie rommel oral gegooi word nie.

Neels van der Merwe het saam met ander lede van die groep weer daad by die woord gevoeg en rommel opgetel.

“Dit is immers ons almal se verantwoordelikheid om ons eie rommel weg te gooi in vuilgoed dromme of plekke wat daarvoor aangelê is,” het Strydom bygevoeg.

‘n Stuk kledingstuk wapper aan ‘n boom in die park.

Related Articles

Back to top button