Local newsNews
Rensburg park word skoongemaak
Die Skoon Heidelberg-groep wat elke week ’n gedeelte van Heidelberg skoonmaak, het dié week hul fokus na Rensburg verskuif.
Die park aangrensend Roets- en Pleinstrate het aandag geniet.
Gebreekte bottels en glasstukke maak die area gevaarlik en ontoeganklik vir kinders. Die swaaie, waarvan die meeste gebreek is, is ook nie veilig om te gebruik nie.
Vuil babadoeke, rommel en ’n boom wat omgeval het, ontsier die park verder.
’n Byenes in ’n uitgebrande kragboks is ook rede tot kommer.
Die groep het ongeveer ’n uur in die park spandeer en agt sakke rommel bymekaar gemaak.
Charlotte Cloete van die groep het gesê dat die gras dringend deur die munisipaliteit gesny moet word.
“Waar moet die kinders speel as daar nie na die parke gekyk word nie?” het sy gevra.
Lesedi Plaaslike Munisipaliteit is genader rakende die toestand van die park en herstelwerk aan die toerusting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.