Local newsNewsSport

Hengelklub geniet maadelikse kompetisie

Die klub sal op 2 en 3 April hul volgende kompetisie hou.

Altesaam 11 lede van die Balfour Hengelklub het op 5 Maart by Steynsoord langs die Vaaldam gaan deelneem aan die klub se maandelikse kompetisie.

Daar was sowat 220 visse gevang, met ’n totale gewig van 32.598kg.

Die wenners was (plekke word van eerste na derde aangewys):

• Senior mans: Bennie Kriel (63 visse met ’n gewig van 4.413kg), Luan Muller (19 visse met ’n gewig van 2.602kg) en Hennie Brits (14 visse met ’n gewig van 3.082kg).

• Vroue: Ingrid Kriel (43 visse met ’n gewig van 3.995kg), Darell Roos (22 visse met ’n gewig van 1.836kg) en Sonja Brits (19 visse met ’n gewig van 2.882kg).

• Juniors: Kallie Kriel (20 visse met ’n gewig van 11.898kg) en Anthony Muller (vier visse met ’n gewig van 0.599kg).

Hennie Brits het tydens die kompetisie die swaarste karp (1.350kg) en die swaartste moddervis (0.190kg) gevang.
Irma Storbeck het die swaarste graskarp (0.067kg) gevang.

Kallie Kriel het die swaarste baber (10.217kg) gevang.

Die volgende klub kompetisie sal op 2 en 3 April by Miemiesdal langs die Vaaldam gehou word.

Vir meer inligting kontak vir Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.

Related Articles

Back to top button