Local newsNewsSport

SAJKA swart gordels verower

Van die nege dojo’s het vyf hulle onderskeie swart gordels graderings op nationale vlak by die SAJKA hoof dojo geslaag.

HEIDELBERG – SAJKA sensei Bernard Raubenheimer se dojo’s van Nigel en Heidelberg oefen al intensief sedert November vir hulle voornemende swart gordels.

Die dojo’s se graderings het op 5 Maart plaasgevind by Wanderers in Johannesburg.

Van die nege dojo’s het vyf hulle onderskeie swart gordels graderings op nationale vlak by die SAJKA hoof dojo geslaag.

Marie Venter (Nigel) en Tain Persence (Heidelberg) het hulle onderskeie tweede dan graderings geslaag. Beide is deur ’n intensiewe voor-graderingsproses, waarna hulle kennis en basiese tegnieke, katas in vyf gevegte aan SA se top instrukteurs uitstal om die tweede dan te slaag.

Reinhard Steenkamp, Chriselda Viljoen en Lizel Rautenbach het hulle eerste dan graderings op dieselfde dag geslaag.

Die Heidelberg dojo spog met 25 swart gordels in hulle geledere wat by die klub geregistreer is.

Die drie nuwe shodans (swart gordels) is op 15 Maart op die tradisionele manier ingelyf, wat ’n langer klas is as gewoonlik en waar die shodans aan vyf moeilike gevegte onderwerp word deur bestaande swart gordel lede.

Daarna word die swart gordels aan hulle oorhandig.

Raubenheimer het benadruk, “Met harde werk en vasberadenheid is dit duidelik hoekom die lede so goed vaar in die verskeie toernooie.”

Vir verdere inligting kontak vir Raubenheimer by 083 489 8231.

Related Articles

Back to top button