Local newsNews

Fotograwe in nood het groot lof vir polisie

Zoë het die Heidelberg-polisiestasie gekontak en vriendelik meegedeel dat hulp op pad was.

Twee fotograwe wat laat Saterdagaand gestrand geraak het op die N3 het groot lof vir die Heidelberg SAPD.

Anais Strauss (22) en Zoë Salzwedel (22) was op pad huis toe nadat hulle foto’s by ’n troue in Heidelberg geneem het.

Anais was voorheen ’n joernalis vir die Brakpan Herald, susterskoerant van die HERAUT.

Die regtervoorwiel van Zoë se Kia Picanto is beskadig toe sy vermoedelik ’n slaggat getref het.

Anais het vertel dat hulle noodgedwonge moes stilhou, ten spyte van die feit dat hulle besef het hoe gevaarlik dit was.

Zoë het die Heidelberg-polisiestasie gekontak en vriendelik meegedeel dat hulp op pad was.

Anais het intussen ook haar pa gekontak.

“Ons het onsself in die motor toegesluit en pepersproei byderhand gehou. Dit was pikdonker en stil,” het Anais gesê.

“Twee behulpsame en vriendelik polisiebeamptes het, tot ons groot verligting, na sowat 15 minute opgedaag.

“Ons kon uiteindelik ons kameratoerusting uit die kattebak haal en hulle het voortgegaan om die spaarwiel uit te kry.”

Anais se pa het ook intussen opgedaag.

“Ons is baie dank verskuldig aan die twee beamptes wat by ons gebly het totdat ons gereed was om weer te ry,” het Anais gesê.

“Dit is puik dienslewering.”

Related Articles

 
Back to top button