Local newsNews

O’Neil lê tuig by Doulos Armoede Bediening na 30 jaar neer.

Ná bykans 30 jaar ononderbroke betrokkenheid by die Doulos Armoede Bediening het Frank O’Neil die tuig neergelê.

Ná bykans 30 jaar ononderbroke betrokkenheid by die Doulos Armoede Bediening het Frank O’Neil die tuig neergelê.

Frank het voor sy aftrede uit die SAPD op 30 April 1992 by die bediening van hulpbehoewendes betrokke geraak en het gereeld klere en oorbodige huishoudelike goedere ingesamel wat hy dan later onder behoeftige gesinne versprei het.

Op dié manier het O’Neil by die Doulos Gemeenskapsprojek – ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie in Pretoria betrokke geraak om ‘n verskil in die lewens van ander te maak. In Grieks beteken Doulos ‘Dienaar van God’ en dit is presies hoe Doulos vrywilligers hulself sien.

“Langs hierdie weg wil ek my opregte dank teenoor elke persoon en instansie wat skenkings gemaak het vir minderbevoorregte volksgenote, uitspreek. Vir al die kerke, boere en elke persoon in Heidelberg, Nigel, Balfour, Greylingstad en Grootvlei wat hul harte en beursies oopgemaak het, wil ek dankie sê. Ook vir Pieter en Tonya du Toit wat ‘n toesluit motorhuis vir die berging van skenkings beskikbaar gestel het. Ek sou ook nie die barmhartigheidswerk of enige van die projekte sonder my vrou Annetjie se bystand kon verrig nie,” het O’Neil sy dank betuig.

Hy het ook spesiale melding gemaak van die direkteur van Doulos Gemeenskap Projekte – Hans Janse van Rensburg en hom vir sy onbaarsugtige diens bedank.

“Soos met alle dinge in die lewe, is daar ‘n tyd om te begin en ‘n tyd om op te hou en  die tyd het aangebreek vir my en Annatjie om almal te groet,” het O’Neil gesê.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

Related Articles

Back to top button