News

Solidariteit Helpende Hand wil Nigel-tak stig

Belangrike vergadering dié Saterdag

Sien die nood in jou gemeenskap raak en sluit aan by ‘n organisasie wat omgee. Het jy ‘n omgeehart? Sluit dan aan by Solidariteit Helpende Hand en word deel van die oplossing vir armoede in jou gemeenskap.

 

Solidariteit Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Hulle fokus is om ‘n antwoord op die armoedekrisis te vind deur ? verskeidenheid van projekte.

 
Helpende Hand het ‘n verskeidenheid projekte wat daarop gemik is om die swaarkry van behoeftige mense te verlig. Dié projekte sluit die Kosblikkie-, Skooltassie- en #HelpHanna-projek in. Dit is veral kinders wat deur hierdie projekte gehelp word, deur hulle van ‘n daaglikse bord kos, skryfbehoeftes en sanitêre ware te voorsien.

 
Helpende Hand het meer as 170 takke landwyd wat as hul hande en voete in die gemeenskap dien. Hierdie takke bestaan uit vrywilligers wat die nood van mense in hulle gemeenskappe identifiseer en dit binne die raamwerk van Helpende Hand aanspreek.

 
‘n Gemeenskapsvergadering met die oog op takstigting vind op 18 Augustus om 09:00 by Nigel Tuiste vir Bejaardes in Scarboroughstraat plaas. Nigeliete se ondersteuning word gevra aangesien dit belangrik is om ‘n daadwerklike verskil te maak.

 
Vir meer besonderhede, skakel Mariëtte by 071 548 8013 of stuur ‘n e-pos na mariette@helpendehand.co.za

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

Related Articles

Back to top button