CrimeNewsBreaking News

Incredible Connection Heidelberg loop weer onder gewapende rowers deur

‘n Gewapende roof het hom vroeër vandag by Incredible Connection in Heidelberg Mall afgespeel.

Volgens polisiewoordvoerder Sers Nellie Dwaba, het vyf mans aan Incredible Connection kort voor 12:00 ingeloop, waarna een glo ‘n versteekte vuurwapen aan die kassiere getoon het.

Die verdagtes het Zulu gepraat en personeel beveel om kalm te bly.

Volgens Sers Dwaba het een verdagte by die betaalpunt stelling ingeneem en sy vuurwapen op die kassiere gerig gehou, terwyl sy makkers ander personeel na ‘n stoorkamer agter die winkel geneem en toegesluit het.

Slegs selfone (waarvan die waarde nog nie bekend is nie) is tydens die rooftog buitgemaak.

Heidelberg Polisie ondersoek ‘n saak van besigheidsroof.

In ‘n verklaring wat kort na die voorval uitgereik is, het Lebo Legwale (skakelpersoon van Heidelberg Mall) besoekers aan die winkelsentrum verseker dat klante se veiligheid ‘n prioriteit is en dat ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy hand-aan-hand saam met die polisie werk om die verdagtes aan te keer.

“Ons wil klante verseker dat niemand tydens die rooftog beseer is nie en geen skote is afgevuur nie. Volgens wat ons kon vasstel het die verdagtes in ‘n silwer Hyundai Elantra van die toneel gevlug,” het sy gesê.

‘n Volledige berig verskyn in die volgende uitgawe van HERAUT.

 

Related Articles

Back to top button