Local newsNews

VIDEO: Kyk hier na parabat veterane se watersprong

Parabat Veterans Organisation se Suikerbosrand Canopy wys hoe hulle valskermspronge by Bloemhofdam uitvoer.

PVO Suikerbosrand Canopy met lede van Heidelberg en Nigel is ‘n aktiewe klomp wat jaarliks ‘n watersprong in November by Bloemhofdam uitvoer.

Een van die lede, Kiewiet Bronkhorst (71) laat nie toe dat die ouderdom hom afskrik nie en het nog op 24 November vanjaar saam met die manne gespring. Lede moet voor hulle ‘n sprong uitvoer, weer vir valskermspring opleiding by die Weermag aandoen.

 

Die veterane organisasie beywer hom om finansiële hulp aan makkers te verleen. Vir meer besonderhede, kan Herman Palm (voorsitter van Suikerbosrand Canopy) by 082 467 9877 of Johann Strauss by 082 800 0776 geskakel word.

 

 

Kyk hier na ‘n video van die groep se watersprong wat in 2014 deur Palm geneem is:

 

Related Articles

Back to top button