CrimeLocal newsNewsBreaking News

Drie vas na moord op bejaarde egpaar van Nigel

NIGEL - Die liggame van 'n bejaarde egpaar is omstreeks 22:40 op 19 Maart by hul woning in Ferryvale gevind.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh is dit nog nie duidelik wanneer die moord plaasgevind het nie en kon enige tyd vanaf Vrydag tot ongeveer  22:40 Saterdagaand gebeur het.

Die man se liggaam is in die kombuis met verskeie steekwonde gevind. Sy vrou se liggaam is buite gevind. Dit blyk of sy moontlik verwurg is, maar dit is nog nie bekend wat die ware oorsaak van haar dood is nie.

Die ontdekking van die egpaar se liggame volg nadat ‘n informant Duduza polisie van inligting voorsien het. By ondersoek het die polisie ‘n verdagte vasgetrek wat in besit was van die vermoorde egpaar se motor en items wat vermoedelik in die egpaar se huis gesteel is.

Duduza polisie het Nigel SAPD gekontak, waarna die gru-ontdekking by die huis in Leedsstraat gemaak is.

Nadat die polisie ‘n taakspan uitgestuur het, is nog twee verdagtes aangekeer. Volgens inligting is daar nog een verdagte op vlug.

Die hoofverdagte is glo ‘n tuinier wat vir die egpaar gewerk het. Geen geforseerde toegang is tot die woning verkry nie.

 

Volgens die polisie duur die ondersoek voort, maar die drie verdagtes verskyn op 22 Maart in Nigel Landdroshof.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button