Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Dans saam met Lollos

Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry.

Lollos is ’n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van een tot 10 jaar oud.

Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans – die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hulle ook iets leer.

Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.

Lollos stel jaarliks ’n nuwe produksie, CD en DVD bekend.

Die nuwe produksie, Lollos 9 – Mallemeule, kom Germiston toe.

In oudergewoonte is die vertoning propvol energieke liedjies en snaakse grappies en die gehoor kan verwag om saam met ou bekende Lollos-liedjies te dans sowel as om saam opgewonde te raak oor vars nuwe treffers soos Voer die Varkie Vet, Woep-Wap en Lalalollie.

Willa die Gorilla het vir Lollos en Lettie uitgenooi vir ete, maar hy háát dit as iemand laat is.

Willa is die baas van Aapstert Bos, ’n wonderlike pretpark met ’n Tuimeltrein en ’n Wolkie Wiel en alles wat lekker is.

 

LEES:

Comedy, music and craft drinks make for a good day out

Enjoy a rocking good time

 

Lollos, Lettie, Disco en Minki spandeer die hele dag in die park en geniet die speletjies en pretritte terdeë terwyl hulle nuwe liedjies sing – maar sal hulle onthou om betyds te wees vir hul afspraak?

Lollos, Lettie, Disco en Minki sien vreeslik uit dat hul maatjies van Germiston vir hul kom hello sê.

“Ons kan nie wag om die maatjies te vertel van die keer toe ons by Willa die Gorilla se pretpark gaan speel het nie.

“Ons het op Foempie se Witte-WolkieWiel gery en Lallalollies in die lekkergoedtuin gepluk,” het Lollos gesê.

Daar sal ’n paar lekker verrassings vir die kleinspan wees en Lollos verklap ook sy “groot geheim”.

Die vertoning vind op 14 Oktober om 3nm by die NG-kerk Lambton se kerksaal plaas.

Vir navrae skakel 082 868 3056 of 082 410 7682 of stuur ’n e-pos na admin@kindervermaak.co.za

 

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Melissa Hart (Editor) germistoncitynews@caxton.co.zaor Leigh Hodgson (News Editor) leighh@caxton.co.za. 

Remember to visit the Germiston City News on the following social media platforms:

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube 

Or add the GCN on WhatsApp 079 406 1181 or BBM (BBM Pin: 7F102137) today, to get all the latest news.

Catch-up on more local news with our sister newspapers Bedfordview Edenvale News, Alberton Record and Kempton Express.

Related Articles

Back to top button