EntertainmentLifestyle

Liewe Heksie vlieg Carnival City toe

Geniet Liewe Heksie saam met jou kinders.

Lefra Produksies toer reeds sedert 2009 met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies.

Twee nuwe Liewe Heksie stories het nou die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Mardi Grasteater by Carnival City, op Saterdag, 30 Mei, om 10vm.

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels, is verlede jaar oorlede en het kort voor haar dood ‘n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf.

Lefra Produksies toer reeds die afgelope vyf jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies.

Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om ‘n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf.

So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – Liewe Heksie en die Tuindwergie.

“Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ‘n tuindwergie ontmoet,” het Verna gesê.

“Ek wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen en, glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom!

“Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan.”

Volgens Frans Swart, ook regisseur van Liewe Heksie, is hy baie opgewonde dat Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het.

“Liewe Heksie het deur die jare so ‘n groot invloed op my lewe gespeel, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse,” het hy vertel.

“Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het sy in my hart kom inkruip met die televisiereekse.

“Dit is vir my ‘n besondere eer om Liewe Heksie en die Tuindwergie op te voer, en dis so besonders, want dis ‘n vars en splinternuwe storie.”

Vier uiters talentolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog.

Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans.

Anel du Plessis is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans.

Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie.

Other events at Carnival City:

Oom Schalk Lourens in Afrikaans by Carnival City

Top soul musician to take to the stage at Carnival City

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button