Groot pret by inter-hoër

Hoërskool Elsburg sorg vir ’n onvergeetlike inter-hoër.

By: San-Mari Erasmus

Die Germiston Stadion het onlangs behoorlik gedruis met opwinding tydens die jaarlikse Inter-Germiston Atletiekbyeenkoms.

Hierdie jaar het die Hoërskool Elsburg as gasheer van hierdie byeenkoms opgetree.

Afrikaanse Hoërskool Germiston, Hoërskool Elsburg, Hoërskool Elspark, Hoërskool Goudrif en Hoërskool Primrose High het die atletiek-stryd met baie gees en entoesiasme teen mekaar aangepak.

Kinders vanaf Hoërskool Elsburg sing die skool volkslied by die Inter-Germiston Atletiekbyeenkoms. Foto geneem deur: Chinique Scorgie

Die onderskeie skole het gespog met top-atlete, beide op die baan en op die veld.

Die dirigente het natuurlik ook elke skool se naam hoog gehou met tema’s soos “Proudly South African”, ”Karnival”, “Army”, Engeltjies en “The 60s”.

Hoërskool Goudrif was die algehele inter-hoër wenners en Afrikaanse Hoërskool Germiston was nie te vêr agter hulle nie, in tweede plek.

Die D6 kampioenskappe het op 27 Februarie, by Glenview Primary, in Alberton, plaasgevind, met atlete van die skool.

Jy kan ook lees:

Zombies take over Hoërskool Elsburg

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version