Goudrif wen weereens die interhoër

Goudrif wen vir die 10de agtereenvolgende jaar die interhoër.

Hoërskool Goudrif se atletiekspan het vir die 10de agtereenvolgende jaar die jaarlikse interhoër gewen.

Altesaam 156 atlete van o-14 tot o-19 het op die dag deelgeneem.

Nie net het Goudrif as die algehele wenner uit die stryd getree nie, maar die seuns- en dogterspan het onderskeidelik ook gewen.

Die volgende atlete het individuele prestasies behaal:

Een-en-veertig van Goudrif se atlete het op 23 Februarie aan die Groter Germiston byeenkoms deelgeneem.

Die harde werk van hoofafrigter Stephané Kotzé en die pas aangestelde gimnasiumbestuurder, Kayla Gilbert, het beslis vrugte afgewerp.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version