School sportSport

Goudrif wen weereens die interhoër

Goudrif wen vir die 10de agtereenvolgende jaar die interhoër.

Hoërskool Goudrif se atletiekspan het vir die 10de agtereenvolgende jaar die jaarlikse interhoër gewen.

Altesaam 156 atlete van o-14 tot o-19 het op die dag deelgeneem.

Nie net het Goudrif as die algehele wenner uit die stryd getree nie, maar die seuns- en dogterspan het onderskeidelik ook gewen.

Die volgende atlete het individuele prestasies behaal:

  • Cayline van Rooyen — derde beste junior baanatleet en tweede beste junior veldatleet.
  • Brian Boucher — tweede beste junior veldatleet.
  • Brandon Kruger — beste junior veldatleet.
  • Latasha Venter — derde beste senior baanatleet.
  • Angelique Parkes — tweede beste senior baanatleet.
  • Damian Brits — tweede beste senior baanatleet.
  • Pedro Aaron — beste senior baanatleet en beste senior seun van die dag.
  • Nicolene Swiegelaar — tweede beste senior veldatleet.
  • Ehrardt Gildenhuis — tweede beste senior veldatleet.
  • Hein Loots — beste senior veldatleet.
  • Angelique Bosch — ses eerste plekke.
  • Rochelle Botha — beste junior dogter van die dag, tweede beste junior baanatleet en beste junior veldatleet.

Een-en-veertig van Goudrif se atlete het op 23 Februarie aan die Groter Germiston byeenkoms deelgeneem.

Die harde werk van hoofafrigter Stephané Kotzé en die pas aangestelde gimnasiumbestuurder, Kayla Gilbert, het beslis vrugte afgewerp.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button