Hoofseun skitter in atletiek

Shane Lottriet presteer.

Shane Lottriet, hoofseun van Laerskool Delville was een van die blinkste sterre wat tydens die Nasionale Junior Atletiekkampioenskappe in Paarl geskitter het.

Hierdie kampionskap het onlangs by die Dal Josaphat Stadium plaasgevind en Shane het die Gauteng-span verteenwoordig.

Hy het aan drie items deelgeneem en wonderbaarlik presteer.

Nie net het hy ‘n eerste plek behaal in die 200m-hekkies nie, maar hy het ook die vorige record van 26.72 sekondes verbeter en ‘n nuwe record van 26.66 sekondes opgestel.

Verder het Shane ook ‘n eerste plek behaal in die 80m-hekkies met ‘n tyd van 11.34 sekondes, asook ‘n vyfde plek in die 100m-naellope, met ‘n tyd van 11.95 sekondes.

Die Gauteng-aflosspan, waarvan Shane deel was, het ‘n tweede plek behaal met die Wes-Kaapspan in die eerste plek.

Shane het beslis Laerskool Delville se leuse “Mik Hoog” tot op die letter uitgeleef.

Hy is voorwaar ‘n hoofseun waarop enige skool met reg trots kan wees.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version