LettersOpinion

‘Ons werk vir die mense en die Here’

Die Strydoms is gekritiseer vir die goeie werk wat hulle doen.

Japie en Miemie Strydom, Marlands skryf:

Hierdie is gerig aan “Chris”.

Na aanleiding van ‘n artikel, “Every drop counts” (GCN, April 22), in die Germiston City News, is ons persoonlik gebel deur ‘n manspersoon genaamd “Chris” en gekritiseer omdat ons water aan droogte gebiede verskaf.

Chris het gesê: “Hulle moet net bid en hulle sal water kry.”

Ons wil net aan Chris sê dat die persone sonder water wel gebid het en dat die Here wel hulle gebede beantwoord, deur water te voorsien aan hulle, deur goedhartige mense in die Marlands en Primrose areas ens., te gebruik om plastiese houers te verskaf aan ons, en dat die Here ons gesëen het met ‘n boorgat wat water in oorvloed het, sodat ons die water kan deel met mense in nood.

Die Here doen ook die werk deur Solidariteit se goedhartige mense, wat kosteloos die water aan die bohoeftige mense voorsien wat gebid het en gevra het vir water.

Baie dankie weereens aan almal wat die moeite doen om plastiese houers te verskaf aan ons.

Dankie ook vir Solidariteit Helpende Hand Primrose se mense met harte van goud.

Hou asseblief aan om houers af te gee, totdat die droogte gebreek het.

 

Jy kan ook lees:

Every drop counts

Related Articles

Back to top button