BlogsOpinion

Struwwelpeter: Wat gemaak as baba nie die bors wil vat nie?

En hoe Struwwel sy bakgat vrou gekry het

STRUWWELPETER is nou al dik vir ons regering se politiek, korrupsie en onbeholpenheid. Kom ons gesels vanoggend oor iets anders.

Hiermee ‘n luimige (ware) staaltjie:

Mevrou S is in die middel van die tweede wêreldoorlog in Brittanje gebore. Haar pa was ‘n Suid-Afrikaanse student wat in die oorlog vasgevang is. Die gesin kom toe terug na SA aan die einde van die oorlog en sy gaan na ‘n Engelse meisieskool waar sy bitter min Afrikaans geleer het.

‘n Paar jaar daarna ontmoet ek haar, net nadat ons albei afgestudeer het.

Ek was so opgewonde oor dié meisiekind dat ek twaalf dae later vir haar gevra het om te trou. Sy het ses maande daaroor gedink en toe sê sy ja.

Maar nou moet ek ook noem dat ek ‘n baie konserwatiewe Broederbond-oom had. Hy het nog nie die Britte vir die Boereoorlog vergewe nie en daar gaan en raak sy nefie wragtig verloof aan ‘n volksvreemde!

Ons word genooi vir ete, sodat hy ons onder vier oë kon neem. Op pad daarnatoe katkiseer ek my meisiekind ‘n bietjie en beduie die protokol aan haar.

Ons word hartlik ontvang deur my tante, maar my oom is ‘n bietjie styf. Daar word net Afrikaans gepraat en dus sit my meisiekind met ‘n mond vol tande. Na koffie bedien is, draai sy na my tante en sê ewe soet maar in ‘n swaar Engelse aksent: “Baie dankie, tannie. Dit was werklik ‘n bakgat-maaltyd.”

Ek het my oom nog nooit hoor hardloop lag nie, maar daardie dag bars hy spontaan uit van die lag. En toe is alles skielik reg.

Om die waarheid te sê, daarna het sy bekend gestaan as Struwwelpeter se bakgat vrou!

Ek moet darem noem dat sy vinnig Afrikaans aangeleer het – tien jaar daarna mog sy amptelik matriek-wetenskap in Afrikaans doseer.

* * *

Twee onskuldige Ierse nonne word deur hul orde na Amerika gestuur. Hulle loop rond in New York en kom naderhand by ‘n “hot dog stand” uit. Die een sê vir die ander: “Suster Josefina, eet hulle werklik honde in Amerika?”

“Dit lyk my so,” kom die antwoord. “Maar as hulle dit doen, dan sal ons twee maar seker dieselfde moet doen.”

Hulle koop elkeen ‘n “hot dog”. Die hot dog-man draai dit mooi toe en oorhandig dit aan hulle. Suster Josefina maak haar hot dog oop en haar oë rek groot van skok. Sy bloos bloedrooi.

“Suster Magdelena,” vra sy. “Watter deel van die hond het jy gekry?”

* * *

En toe was daar die mamma wat op die trein in die Kaapse Vlakte saam met haar baba ry. Sy wil haar baba voed, maar die baba is teensinnig.

“As djy nie wil drink nie, dan gee ek my tet vir hie’die oemie langs my!” dreig sy.

Maar die baba wil steeds nie drink nie. Sy probeer weer, maar ook sonder sukses.

En dis net daar waar die omie langs haar hom wip.

“Baby, maak op djou mind! Ek is al vier stasies verby my afklimplek en ek kan nie langer waggie!”

* * *

Kyk net hoe maklik vertaal ‘n moeilike Engelse sin in goeie Afrikaans!

Juffrou vra die klas: “Wie kan die volgende sin in Afrikaans vertaal:

“Julius Malema is swimming in the Vaal Dam.”

Jannie steek sy hand op en antwoord: “Daar’s ‘n drol in die drinkwater!”

Sit, jou slim kind !

Dankie Balt

* * *

BBC News…Suicide Bombers on Strike…

Suicide bombers in Britain are set to begin a three-day strike on Monday in a dispute over the number of virgins they are entitled to in the after life.

The unrest began last Tuesday when Al Qaeda announced that the number of virgins a suicide bomber would receive after his death would be cut by 25% this February from 72 to 54.

Speaking from his shed, Al Qaeda chief executive, Haisheet Mapants, explained: “I sympathise with our workers’ concerns but they are simply not accepting the realities of modern-day Jihad in a competitive marketplace. Thanks to Western depravity, there is now a chronic shortage of virgins in the afterlife.

“I don’t like cutting benefits but I’d hate to have to tell 3 000 of my staff that they won’t be able to blow themselves up.

Dankie Riaan

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button