VLU Goudrif-streek sluit jaar af

Die Vroue Landbou-unie Goudrif-streek het onlangs hul jaarlikse afsluiting, ’n plaas ontbyt, te NG Kerk Boksburg-Suid gehou. VLU-takke van regoor die streek, soos Boksburg, Birchleigh, Brakpan, Carpe Diem, Dinwiddie, Kempton Park en Nigel, het saam gekuier en lief en leed gedeel.

Die Vroue Landbou-unie Goudrif-streek het onlangs hul jaarlikse afsluiting, ’n plaas ontbyt, te NG Kerk Boksburg-Suid gehou.

VLU-takke van regoor die streek, soos Boksburg, Birchleigh, Brakpan, Carpe Diem, Dinwiddie, Kempton Park en Nigel, het saam gekuier en lief en leed gedeel.

Die jaarafsluiting was oudergewoonte ’n spoggeleentheid wat deur 95 mense bygewoon is.


LEES OOK:

CoE responds to Driehoek issues


Die eregaste het lede van die Overvaal Uitvoerende Bestuur, Ina Booyse (president), Nina Nel (tesourier), Diana Keulder (skakelbeampte) en Alta Prinsloo (voorsitter), ingesluit. Ook teenwoordig was Barbara Steenkamp (beoordelaar) en gasspreker Olivia Curlewis van Kansa.

Die Nigel-tak se voorsitter, Ronel Lombaard, het verrigtinge ge-open, en Booyse en Curlewis het hul inspirerende boodskappe met die gaste gedeel.

Gaskunstenaar Pitjula Klaasen en die Dancing Queens van Kempton Park het die gaste vermaak met hul opvoering van Sonbrilletjies.


LEES OOK:

Monaco foundation donates to soup kitchen


Daarna het die Dinwiddie-streek se jogaklas hul plek op die verhoog ingeneem en oefeninge met die vroue gedeel.

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Boksburg-tak se afsluiting word hierdie jaar op 1 Desember by House of Ribs om 11:00 gehou.
Prinsloo kan by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae gekontak word.


Exit mobile version