Craven-week is terug

Die Valke gaan soos tradisie weer die jaar 'n span stuur om die Oosrand se naam hoog te hou.

Rugby liefhebbers sal bly wees om te hoor dat Craven-week sy terugkeer maak.

Dis die eerste keer sedert Covid-19 wat die toernooi aangebied word.

Die DHL Westelike Provinsie sal hul kroon probeer verdedig van 4 tot 9 Oktober wanneer die toernooi by Hoërskool Monument in Krugersdorp afskop.

ALSO READ: Lace up those running shoes for Heritage Day run

Die Valke gaan soos tradisie weer die jaar ‘n span stuur om die Oosrand se naam hoog te hou.

“Almal wat by rugby betrokke is in die Valke is verheug dat ons weer kan rugby speel,” was die woorde van Ertjie Hattingh, voorsitter van die Valke-skoleliga.

“Die spanne vir al die rugby toernooie soos Craven-week, Grant Khomo-week en Doom Gouws-week is byna gefinaliseer. Ons sien uit na die toernooi wat voorlê.”

Also follow us on:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version