Local newsNews

NG Cachet vier eeufees

Vieringe by ou Primrose-kerk.

Die NG Gemeente Cachet in Thistlestraat, Primrose, vier op 26 Mei hul 100ste bestaansjaar.

Die gemeente het op 28 Mei 1919 van die NG Gemeente Germiston afgestig met ongeveer 332 lidmate.

In die gemeente se 100 jaar van bestaan, is drie geboue opgerig op die perseel in Thistleweg: die eerste kerksaal is op 21 Januarie 1921 ingewy, die huidige kerkgebou is op 8 April 1944 ingewy en dan is die huidige kerksaal gebou na die afbreek van die eerste kerksaal en is op 14 April 1967 ingewy.

Die gemeente was bevoorreg om oor die tydperk vanaf 1919 tot 2005 nie minder as 21 voltydse leraars in diens te gehad het. In die sewentigerjare het hul op ’n keer selfs drie medeleraars tegelyk met ’n lidmaattal van om en by 2 874 gehad.

Met die sterk demografiese veranderinge in die Primrose-omgewing, het die gemeente se lidmaattal egter so gedaal dat daar vanaf 2006 slegs van ’n paar deeltydse predikante gebruik gemaak word om die prediking te behartig en die pastorale sorg te hanteer.

ALSO READ:

Movie morning fun and games for little ones

Annual March for Jesus to take place this weekend

“NG Cachet was, en is nogsteeds, ’n gemeente wat deur die jare hul vlerke sprei en fasiliteite vir ander kerkgroepe beskikbaar stel,” het Bettie Klopper van die kerk gesê.

“So het Effata Kerk vir Dowes lank van die fasiliteite gebruik gemaak.

“Ook het NG Cachet vir lank die United Reform Church in South Africa gehuisves en huur Destiny City Church, Primrose, tans die fasiliteite.”

Oud-lidmate van NG Cachet en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi om die eeufees-erediens op 26 Mei om 10.30vm by te woon.

Skakel Bettie vir verdere navrae by 083 651 8234.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Melissa Hart (Editor) germistoncitynews@caxton.co.zaor Leigh Hodgson (News Editor) leighh@caxton.co.za or Kgotsofalang Mashilo (journalist) kgotsofalangm@caxton.co.za

Remember to visit the Germiston City News on the following social media platforms:

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube

Or add the GCN on WhatsApp 079 406 1181 or BBM (BBM Pin: 7F102137) today, to get all the latest news.

Catch-up on more local news with our sister newspapers Bedfordview Edenvale News, Alberton Record and Kempton Express.

 

Related Articles

Back to top button