Skool hou pretvolle Wieledag

Daeraad Pre-Primêr het onlangs ’n Wieledag gehou.

Die kleuters en peuters van Daeraad Pre-Primêr het onlangs met pragtig versierde fietse en groot glimlagte skool toe gegaan om Wieledag te geniet.

Hulle kon nie wag om op die opgestelde bane te ry nie.

Elke afsonderlike baan is volgens die ouderdomme van die babas, peuters en drie- tot sesjarige kleuters se ontwikkelingsvlak met hindernisse en genot in gedagte opgestel.

Die drie- tot sesjarige kinders het groot pret op Wieledag by Daeraad Pre-Primêr gehad.

Gelukkig het die weer mooi uitgedraai en gewag vir die kinders om die 10 tot 20 rondtes eers klaar te maak voordat die koue wind kom draai en die hemelruim vol wolke geword het.

Die kinders het die waterpunte en uitdagings met groot glimlagte aangedurf en het keer op keer probeer om die waterpunte raak te ry om natter aan die ander kant uit te kom.

 

LEES:

Valentine’s Day fun at Daeraad

School celebrates milestone

 

Baie moeg, maar selfvoldaan, het elke kind sy ysie gekry, gulsig geëet en met sy fietsie klas toe gegaan.

’n Genotvolle Wieledag met nog net die borglyste wat ingewag word om te sien hoeveel donasies gemaak is, was gehad.

 

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Melissa Hart (Editor) germistoncitynews@caxton.co.za or Leigh Hodgson (News Editor) leighh@caxton.co.za or Kgotsofalang Mashilo (journalist) kgotsofalangm@caxton.co.za

Remember to visit the Germiston City News on the following social media platforms:

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube

Or add the GCN on WhatsApp 079 406 1181 or BBM (BBM Pin: 7F102137) today, to get all the latest news.

Catch-up on more local news with our sister newspapers Bedfordview Edenvale News, Alberton Record and Kempton Express.

Exit mobile version