NewsSchools

Kermis tyd by Daeraad Pre-Primêr

Moenie hierdie pretvolle dag misloop nie.

Daeraad Pre-Primêr het onlangs ’n héérlike dag vir groot en klein gehad toe hulle “My Land, Suid-Afrika” by die skool gevier het.

Die skool se opvoedkundige tema vir die week was ook oor dieselfde tema en die kinders het volgens hulle verskillende ouderdomme en vermoëns meer omtrent Suid-Afrika se leiers, provinsies, tradisionele simbole, vlag en volkslied geleer.

Die Graad R’e by Daeraad Pre-Primêr voer volkspele uit.

Die kinders het ook volgens hul ouderdomme aan boeresport soos sakresies, eier in die lepel, toutrek en boontjiesakkies deelgeneem.

Die Graad R’e het in tradisionele kleredrag volkspele vir almal uitgevoer.

Tradisionele kos soos boerewors, pap en sous, tee, koffie en potbrood is vir die personeel en leerders voorberei.

Dit was ’n heerlike dag wat met vlaghysing en die volkslied afgesluit is.

Daeraad se jaarlikse kermis vind op 2 Junie vanaf 9vm tot 2nm plaas.

Die kinders by Daeraad Pre-Primêr geniet heerlike tradisionele kos toe hulle die tema “My Land, Suid-Afrika” onlangs by die skool gevier het.

Dit gaan ’n heerlike dag op die skoolgronde met pannekoek, verskillende kosse en dranke en speletjies vir die kinders wees.

Tombola, binnemuurse put-put, gesigverf, ’n spookhuis en baie meer gaan die kinders die hele oggend vermaak, asook ’n mini-carousel, treintjie, en hanswors met ballonne vir elkeen.

Daar gaan ook ’n pragtige teetuin wees waar die ouers kan ontspan nadat die verskillende handgemaakte goedere en vlooimarkstalletjies besoek is.

Indien enige persoon belangstel om ’n tafel te huur vir die dag moet die skool op 011 828 5541 so gou as moontlik gebel word.

Moenie die dag misloop nie, daar sal sommer van die winterkoue vergeet word.

 

LEES:

Valentine’s Day fun at Daeraad

Red Bin Brigade raises funds for Remme-Los

 

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Melissa Hart (Editor) germistoncitynews@caxton.co.za or Leigh Hodgson (News Editor) leighh@caxton.co.za or Kgotsofalang Mashilo (journalist) kgotsofalangm@caxton.co.za

Remember to visit the Germiston City News on the following social media platforms:

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube 

Or add the GCN on WhatsApp 079 406 1181 or BBM (BBM Pin: 7F102137) today, to get all the latest news.

Catch-up on more local news with our sister newspapers Bedfordview Edenvale News, Alberton Record and Kempton Express.

Related Articles

Back to top button