Skenk water vir die Vrystaat

Help mense in die Vrystaat deur water te skenk.

Die droogte pluk aan almal van ons se hartsnare.

Maar nou kan jy iets prakties daaroor doen.

Solidariteit Helpende Hand se takke in Gauteng-Suid samel liters water in om aan die droogtegeteisterde Vrystaat te skenk.

Raak vandag nog betrokke deur jou bottels water na jou naaste Helpende Hand-tak te neem.

Die projek se naam is Aquarius (waterdraer) en benodig soveel moontlik waterdraers (nodig om te help om die waterskaarste in die Vrystaat te verlig).

Adele Kruger, Helpende Hand se streeksorganiseerder in Gauteng-Suid, het besluit om die projek aan te pak, omdat die droogte elkeen van ons raak.

“Die nuus loop oor van hartverskeurende foto’s van vel-en-been diere wat vrek, van braak, stowwerige mielielande en ’n onverbiddelike son uit ’n wolklose hemel,” het Kruger gesê.

“Ons voedsel sekerheid is in gedrang, ons moet saamstaan en hande vat rondom hierdie water- en voerkrisis.”

Elke vrywilliger in die 16 takke in Gauteng-Suid wend ernstige pogings aan om soveel moontlik twee-liter bottels met water te vul, sodat dit by die afsetpunte kan besorg word voordat dit na die Vrystaat vervoer word.

As jy wil inskakel by Aquarius, skakel vir Mariette van de Werken by 071 548 8013.

 

Other articles you may be interested in:

Community pulls together to collect water

 

Exit mobile version