Dit was Woensdag balle aan die rol by die Laerskool Delville.
“Juffrou, ons ken die antwoord.” Hennie Bezuidenhout (6, links) en Jaco Els (7) was gereed om vra te beantwoord en te leer, toe hulle Woensdag hul plekke in Louise van Vuuren se graad een klas, by die Laerskool Delville, ingeneem het.
Die klein graad eens wat Woensdag vir ”groot skool” by die Laerskool Delville aangemeld het, het hul eerste dag geniet.
Hulle het begin leer en vriende gemaak.
Volgens die skoolhoof, Adriaan Fourie, was die dag wonderlik.
“Almal het begin werk en ons sien uit na die jaar,” het hy gesê.
Laerskool Delville is nou die enigste volslae Afrikaans-sprekende laerskool in Germiston.
Louise van Vuuren, die grondslagfase departmentshoof en ’n graad een onderwyseress aan die Laerskool Delville, en haar klas, was bly om Woensdag by die skool te wees en gereed om te leer.
“Juffrou, ons ken die antwoord.” Hennie Bezuidenhout (6, links) en Jaco Els (7) was gereed om vra te beantwoord en te leer, toe hulle Woensdag hul plekke in Louise van Vuuren se graad een klas, by die Laerskool Delville, ingeneem het.
Aneska Liebenberg (6, links) en Megan Erasmus (6), van die Laerskool Delville, was opgewonde om as nuwe graad eens by die skool te wees.
Bernice Barnard (6, links) en Liebrus Swiegers (6) het breed geglimlag op hul eerste dag in graad een, by die Laerskool Delville.
Lihan Myburgh (6, links) en Joy Mahlalela (6), leerlinge aan die Laerskool Delville, het hulle eerste dag in graad een baie geniet.