100 vrywilligers, 1 000 tassies en 2 000 teddiebere

Helpende Hand help om graadeens gereed te kry vir ’n suksesvolle skoolloopbaan.

Die jaar is so te sê op sy rug, maar vir Solidariteit Helpende Hand se vlytige vrywilligers in Germiston is daar nog baie skooltassies om reg te kry vir die nuwe jaar.

Die takke in die Gauteng-Suidstreek het onlangs bymekaargekom om 1 070 tassies te pak.

Daar was ook 2 000 teddiebere gewees wat deur ondersteuners gebrei is om in die tassies te sit.

Meer as 27 000 tassies is al aan behoeftige graadeens geskenk sedert die Skooltassie-projek in 2007 van stapel gestuur is.

“Helpende Hand glo dat armoede aangepak kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graadeens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry en hulle ’n gelyke geleentheid gebied word,” sê dr Danie Brink, Helpende Hand se uitvoerende direkteur.

Elke skooltassie bevat soos gewoonlik al die nodige skryfbehoeftes, maar vanjaar is daar ’n paar bykomende items insluitend ’n teddiebeer om daardie ekstra bietjie liefde vir elke graadeentjie te gee.

 

Other articles you may be interested in:

Vroeë Kersfees vir Kinross

Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme

Helpende Hand kuier saam met ‘Helpende Vingers’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version