NewsSchools

Daeraad hou groot kermis

Kom geniet die kermis.

Daeraad Pre-Primer vier hierdie jaar sy 40ste verjaarsdag.

Die skool gee kwaliteit onderrig aan 228 kinders vanaf drie maande oud tot en met Graad R, in Engels en Afrikaans.

Op Saterdag, 9 Mei, hou die skool weereens hulle jaarlikse kermis, vanaf 9vm tot 2nm.

“Ons beplan om ons Drakie se nuwe logo en naam, Spikey, in te huldig en ’n heerlike dag met baie eet, drink en vermaak vir oud en jonk te geniet,” het Martie Schmiedeskamp, hoof van die skool, gesê.

Kerrie en rys, pannekoek, schwarmas, boereworsrolle, poedings, tuisgemaakte lekkers, ‘n teetuin met heerlike koek, koeldrank, en meer vir die volwassenes sal beskikbaar wees.

Vir die kinders is daar springkastele, tombola, maak jou eie Bak-en-Brou, verf jou eie keramiekbeeldjie, gesigverf en haarsprei, ’n spookhuis en ‘n hanswors met ballonne.

Kom koop ’n pragtige boek of ander geskenk vir Moedersdag, Sondag, 10 Mei.

Bekostige familiefotos deur ’n professionele fotograaf, ‘n demonstrasie deur ER 24 en hul ambulans, asook die polisieperde, is maar ’n paar van die gebeure van die dag.

Daar is ook ’n ouetehuis, met die mooiste handwerk te koop, sodat hul fondse vir hul bussie kan invorder.

Verskeie stalletjies kan by die skool gehuur word vir die dag.

Indien u belangstel, kan u die skool skakel om u tafel te bespreek.

Moenie die dag misloop nie.

Verdere navrae kan aan die skoolkantoor gerig word, by 011 828-5541.

Related Articles

Back to top button