Local newsNews

Valentynshengel-kompetisie ’n groot sukses

Groot pret by kerk se hengel-kompetisie.

Op 14 Februarie, het die NG Kerk Elsburg ’n Valentynshengel-kompetisie by Vogelstruisbultdam, net buite Springs, aangebied.

Dit was ’n reuse sukses.

Daar was die ernstige hengelaars wat graag die pryse wou opraap, en dié wat net wou ontspan en die dag saam met die familie wees.

Die pryse van R2 000 en R1 000 vir die swaarste karp asook die swaarste sak, het aan Riaan Cordier gegaan.

Die R1 000 vir die die swaarste baber het aan Kallie Grobler gegaan.

Daar was ook baie hengelaars wat groot pryse met gelukkige trekkings gewen het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button