NewsSchools

Hoërskool Elspark se o-14’s maak hokie geskiedenis

Hokkiedogters is groot wenners.

Die Hoërskool Elspark se o-14 hokkiedogters het vanjaar ‘n uitstekende seisoen beleef en verskeie titels ingepalm.

Elspark, wat as ‘n “kleinskool” in hokkie terme geklassifiseer word, het reeds vroeg in die jaar bewys dat die spannetjie dop gehou moet word.

Die o-14’s van Hoërskool Elspark het egter aan die begin van die jaar die derde plek in die Super 10-reeks van die “mediumskole” beklee.

Stof is in die oë geskop van groot name soos Heidelberg Volkskool en Benoni High.

Tydens die Oos-Gautengliga vir kleinskole het die o-14 meisies hulle goed van hul taak gekwyt en al die wedstryde in hulle poel gewen.

Die spannetjie het tydens die poelwedstryde 45 doele aangeteken en geen doele is afgestaan nie.

Die uitslae van die liga-uitspeelwedstryde was soos volg:

  • Kwart-finaal: Elspark 8 – Birchleigh 0
  • Semi-finaal: Elspark 10 – Afrikaanse Hoërskool Germiston 0
  •  Finaal: Elspark 3 – Voortrekker 0

Na die afloop van die liga was dit ‘n eerste vir Hoërskool Elpark om deur te dring na die Noordvaal-hokkietoernooi.

Die o-14’s het ‘n loslooitjie getrek in die kwart-finaal en het teen Hoërskool Warmbad te staan gekom in die semi-finaal.

Elspark het hierdie taai kragmeting met een doel teenoor nul gewen en sodoende na die finaal van die Noordvaal-kompetisie gevorder, waar hulle vir die Hoërskool Jan de Klerk met 9-0 geklop het.

Wat ‘n uitstekende prestasie.

Baie geluk aan al die hokkiedogters en hul afrigter, Riëtte Brand.

Related Articles

Back to top button