Local newsNews

Kerk vier 95 jaar in die diens van God

Groot verjaarsdag vir kerk.

Vandag, Woensdag, 28 Mei, is ‘n groot dag vir die NG Cachet Kerk Primrose.

Die kerk vier sy 95ste verjaarsdag in die diens van God.

Op 28 Mei, 1919, het die kerk, wat van die Germiston-moedergemeente afgestig het, sy deure oopgemaak.

Die gemeente is deur ds P S Venter gelei.

Op ‘n tyd was daar omtrent 2 000 lidmate, maar vandag is daar tussen 40 en 50.

Die kerk het ook nie meer ‘n voltydse dominee nie, maar is gelei deur ds Willie Nel en ds Tonie Viljoen.

Hulle het op ‘n tyd kerk in die Voortrekker Saal gehou, tot die kerk in 1944, in Thistlestraat, Primrose, gebou is.

Bettie Klopper werk by die kerk, en sy het die GCN vertel dat die kerk nog lewe en dat hulle nuwe lidmate soek.

“Alle kerke het vandag finansiële probleme, maar ons maak ‘n plan om fonds in te samel,” het Klopper gesê.

“Ons huur die saal vir alle soorte funksies uit, en die El-Shammah Ministries kerk gebruik dit op ‘n Vrydagaand en ‘n Sondagoggend.

“Die saal kan enige ander tyd verhuur word.”

Lidmate maak ook elke tweede Vrydag pannekoek, koeksusters en warm kos, om fondse in te samel.

Die volgende kosdag sal op 6 Junie plaasvind, en mense kan vir Klopper by 011 828-1909 of 083 651 8234 skakel, om kos te bestel.

Mense moet teen 4nm op die Donderdag bestel.

Die oudste lidmaat van die kerk is Dot Swarts (98).

Die kerk gaan hul verjaarsdag nie in ‘n groot manier vier nie.

Hulle gaan net kolwyntjies eet en Sondag Gesang 268 sing.

“Ons sien uit na ons 100ste verjaarsdag,” het Klopper gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button