Skool hou kermis

Kom kermis toe.

Daeraad Pre-Primêre is hierdie jaar reeds 39 jaar oud en gee kwaliteit onderrig aan kinders vanaf die ouderdom van drie maande tot en met Graad R.

Die skool het 10 klasse wat onderrig in Afrikaans sowel as Engels gee.

Die babaklas is einde 2013 opgeknap, asook die twee peuterklasse van die een tot twee jariges, en almal lyk pragtig.

Hierdie jaar is hulle besig om die twee peuterklasse van die twee tot drie jariges mooi te maak en ‘n nuwe voorkoms te gee.

Die ou teerarea, wat die ingang na die hek gekenmerk het, is vervang met plaveisel en pragtige kennisgewingborde oor die skool en sy aktiwiteite.

Twee ekstra afdakke is ook opgerig.

Nadat die skool verlede jaar vir hulle twee groot “potbellie” varke ‘n nuwe tuiste op ‘n kleinhoewe gekry het, het hulle ‘n paar kalkoene en ‘n pragtige klein bergbokkie bygekry, wat groot opvoedkundige waarde toevoeg tot die opvoeding van die kinders ten opsigte van diere en hul versorging.

Daeraad ontvang geen subsidie van die staat, onderwysdepartement of enige ander instansie nie, en moet daarom self fondse insamel om alle onderhoud aan die geboue en terrein, verbeterings op die speelgronde, terrein en in die klaskamers, aan te bring, en hulle is trots op wat reeds vermag is.

Op Saterdag, 10 Mei, vanaf 8.30vm tot 1nm, hou die skool weereens hulle jaarlikse fondsinsameling kermis, met baie drink- en eetgoed, pannekoek, vermaak vir oud en jonk en verskeie uitstaltafels.

Uitstaltafels kan by die skool gehuur word.

Die polisiehonde gaan weer ‘n pragtige vertoning gee, terwyl die mooiste herinneringe met familiefotos geneem kan word, teen ‘n baie bekostigbare prys.

Indien u hierin belangstel, moet u die skool bel om ‘n afspraak te maak.

Kom ontspan in die teetuin met pragtige musiek deur plaaslike kunstenaars, terwyl u ‘n stukkie koek met koffie/tee geniet.

Verskeie buitemuurse aktiwiteite sal kortliks gedemonstreer word, met al die kinders wat daar is.

Die dag word afgesluit deur ‘n pragvertoning van Lefra Produksie se Liewe Heksie, vanaf 2.30nm to 4nm.

Verna Vels vier haar 80ste verjaarsdag en het spesiaal die 50ste verjaarsdag van Liewe Heksie geskryf, met splinternuwe karakters wat die kinders gaan vermaak.

Maak seker dat u vooraf kaartjies by die skool koop, aangesien sitplek beperk is.

Moenie hierdie dag misloop nie.

Vir verdere navrae kan u die skoolkantoor by 011 828-5541 bel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version